Laurika Rauch - As Ek Eendag Oud Is paroles de chanson

paroles de chanson As Ek Eendag Oud Is - Laurika Rauch



As ek eendag oud is en my lewe herleef
Sou ek terugdink aan tye wat aan môre vaskleef?
Die minute en ure′s in 'n oogwink verby
Elke glimlag en traan is kosbaar vir my
En as ek sou kon teruggaan wat sou ek wou hê?
Wat sou ek verander wat sou ek wou sê?
Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra?
Sou ek antwoorde kry - op die vrae wat ek vra
Want vandag is die môre waaroor gister bekommer
Elke uur word die dromers al stommer en stommer
Die minute en ure′s in 'n oogwink verby
Elke glimlag en traan is kosbaar vir my
En as ek eendag oud is wil ek kan onthou
Die pyn en die lyding, die liefde die nou
Die lewe se paadjies, waar hul ook mag draai
By kleuterskool maatjies, wie sou kon raai
En as dit dan ook tyd word om my kop neer te
Sou ek graag wou weet daar's niks meer te
Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra?
Sou ek antwoorde kry op die vrae wat ek vra
Want vandag is die môre waaroor gister bekommer
Elke uur word die dromers al stommer en stommer
Die minute en ure′s in ′n oogwink verby
Elke glimlag en traan is kosbaar vir my
Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra?
Sou ek antwoorde kry op die vrae wat ek vra
As ek eendag oud is
As ek eendag oud is
As ek eendag oud is
As ek regtig oud is!



Writer(s): Etienne Steyn


Laurika Rauch - Gunstelinge
Album Gunstelinge
date de sortie
23-10-2017




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.