Laurika Rauch - Skatkiskaart Lyrics

Lyrics Skatkiskaart - Laurika Rauch



Nog ′n jaar is verby
As die einde sy sin kry
As die laaste maand sy tekens begin wys
Weet ek waar ek gaan
Na die begin van ons ontstaan
Na water se teenwoordigheid
Water groter as 'n dam
Meer sand as ′n woestynland
En baie meer vis
Waar baie skatte rus
Waar die bome skeef gewaai staan
Waar die see die land ontmoet
Waar die paaie almal doodloop
Waar die Suidoos hom uitwoed
In die Ouskip-karavaanpark
Met 'n skatkiskaart wat wys
Waar ons tent opgeslaan staan
Dis waar ons ons skat sal kry
Du Plessisstraat
Aan die suidpunt van die Kaap
Is 'n leidraad om daar uit te kom
Tentpenne in die grond
′N Afdak teen die Kaapse son
En ′n skuiling teen die wind
Waar jy ons tweeman tent sal vind
Weggesteek in stilte
Verbloem in geluk
Rustig met nul mense
Net ons twee op die wye see gerig
Waar die bome skeef gewaai staan
Waar die see die land ontmoet
Waar die paaie almal doodloop
Waar die Suidoos hom uitwoed
In die Ouskip-karavaanpark
Met 'n skatkiskaart wat wys
Waar ons tent opgeslaan staan
Dis waar ons ons skat sal kry
As jy strand op stap
As die wind jou vat
As die see jou roep
As die berg jou groet
As jy strand op stap
As die wind jou vat
As die see jou roep
As die berg jou groet
As jy strand op stap
As die wind jou vat
As die see jou roep
As die berg jou groet
Waar die bome skeef gewaai staan
Waar die see die land ontmoet
Waar die paaie almal doodloop
Waar die Suidoos hom uitwoed
In die Ouskip-karavaanpark
Met ′n skatkiskaart wat wys
Waar ons tent opgeslaan staan
Dis waar ons ons skat sal kry
As ek my liefde vir jou kon weeg
Sou dit swaarder as die sout van Melkbos wees
Dis waar ons ons skat sal kry



Writer(s): Mariette Galjaard


Laurika Rauch - 'n Lekker Verlang Liedjie
Album 'n Lekker Verlang Liedjie
date of release
04-01-2007




Attention! Feel free to leave feedback.