Laurika Rauch - Die Lewe is 'n Grenshotel paroles de chanson

paroles de chanson Die Lewe is 'n Grenshotel - Laurika Rauch



Madame sit in die grenswag
'N Manskap teen haar bors
Sy koester sy vermoeidheid
Sy nadrup en sy dors
Die lewe is 'n grenshotel
'N Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar
Madame bestel 'n high ball
(Dit hou die vleesdrif hoog)
En kyk na jong kanonvoer
Wat saamdrom by die oog
Die lewe is 'n grenshotel
'N Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar
Madame, versot op jong bloed
Vergeet skoon van haar ou
Want jonk of oud sterf eenders
Die slagveld is hul vrou
Die lewe is 'n grenshotel
'N Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar
Madame grens oor die wete
Haar hulpdiens is beperk
Want of hul bruin of wit is
Hul dra die kaïnsmerk
Die lewe is 'n grenshotel
'N Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar
En drank en nag bring kennis
En almal haal die grens
Die grens erken geen grense
Alleen die hart se wens
Lalada



Writer(s): S.j. Hofmeyr


Laurika Rauch - Debuut
Album Debuut
date de sortie
15-01-1979




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.