Laurika Rauch - Waterblommetjies paroles de chanson

paroles de chanson Waterblommetjies - Laurika Rauch



Waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies in die Kaap
Maak die bredie net soos in die wynland
En jy′s baie lief vir my
Voor jy gaan slaap
Daardie wind waai weer by my voordeur in
Hy maak my hart weer lekker sing
Dis gaaf om die Kaap weer dag te
Ek vat jou saam na die koringland
Wie ry saam as my hart so brand
Dis lekker om die Boland lief te
Van Hunks het weer sy pyp gestop
Tafelberg se hoed is op
En die bergies begin al huis se kant toe staan
Groenpunt-toring knip sy oog
Die Suidoos maak so 'n wye boog
En die Waalpad help jou as jy huis toe gaan
O die luggie hier is vry
Waar my hart heeltyd wil bly
En ek wil my langs ou mies Victoria
Neer gaan vly
Laat ons deur die tuine loop
By die parade iets gaan koop
As die wind koud waai
Laat ek gou eers jou jas vasknoop
Want daar is Waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies in die Kaap
Maak die bredie net soos in die wynland
En jy′s baie lief vir my
Voor jy gaan slaap
O Kaap, o Kaap, o mooiste Kaap
Jy maak my hart weer baie seer
Jou ghantang kom mos altyd weer en weer
Die Mayflower het uitgevaar
En gaan snoek haal daar by Houtbaai waar
Karbonkelberg die stormsee gewaar
Drie skepsels het by Dassiepunt
Na die ster gekyk en teen die wind in
Voetgeslaan en die stralekrans aangegee
En hul't teruggekeer na Tafelbaaai
En op Duiwelspiek vir die engel gewaai
En die engel het 'n traan uit sy gevee
Waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies in die Kaap
Maak die bredie net soos in die wynland
En jy′s baie lief vir my
Voor jy gaan slaap
En jy′s baie lief vir my
Voor jy gaan slaap



Writer(s): Anton Goosen


Laurika Rauch - Debuut
Album Debuut
date de sortie
15-01-1979




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.