Laurika Rauch - Mis Oor Jacobsbaai paroles de chanson

paroles de chanson Mis Oor Jacobsbaai - Laurika Rauch



Die deinserigheid oor die baai
Word in ′n ommesientjiestyd 'n digte mis
Wat slenter en swaai en dwarrel en draai in die baai
Die deinserigheid oor die baai
Word in ′n japtrap se tyd 'n digte mis
Wat slenter en swaai waar meeue bohaai
En bohaai en bohaai in die baai
En die mishoring kreun
En die mishoring steun oor die baai
'N Knaende klank van Columbine
Soos die liedjie van Auld Lang Syne
Die deinserigheid oor die baai
Word in ′n handomkeer tyd ′n digte mis
Wat langvinger tas waar skuim spoel en was in die baai
Die deinserigheid oor die baai
Word in 'n seepbel se duur ′n donskombers
Wat snoesig kom oor rots en oor boot
Oor rotse en bote wat klou en kleef
Waar die meeue bohaai en bohaai
En die mishoring kreun
En die mishoring steun oor die baai
'N Knaende klank van Columbine
Soos die liedjie van Auld Lang Syne
Die dik mis hier oor Jacobsbaai
Wag vir die son om te lig en dan ontstaan
′N Sprokiesgesig as als wat verdwyn het verskyn
Die dik mis wat wyk voor die son
Laat net 'n deinserigheid wat talm en toef
En als wat verskyn glim soos perlemoen
′N Prentjie verskyn soos in Brigadoon
En die meeue bohaai en bohaai
En die mishoring staak
Die gesteun en gekreun oor die baai
Ja, die mishoring swyg by Columbine
Oor die liedjie van Auld Lang Syne
Die deinserigheid oor die baai
Wyk in 'n ommesientjiestyd voor die son en boot
En rots en glim en gloei in die gloed
Waar die meeue bohaai en bohaai



Writer(s): Marie Tredoux


Laurika Rauch - Stuur Groete Aan Mannetjies Roux
Album Stuur Groete Aan Mannetjies Roux
date de sortie
22-12-1990




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.