Lucas Maree - Victoriabaai paroles de chanson

paroles de chanson Victoriabaai - Lucas Maree



Kyk hoe sluit die son die hemel oop
Kyk hoe wyk die nag, voor die dag.
Kyk hoe word die see in goud gedoop
Kyk hoe bloos die strand, vol van hoop
Gedagtes vat my soos 'n kolk wat draai
Deur die newels na Victoriabaai.
Waar die branders in die skuim rond waai
Styg my hart tot waar die seemeeu draai.
Refrein
Ai ai ai ai ai ai ai
Ai ek wens ek was nou daar -
Ai ai ai ai ai ai ai
Op my kliptroon by Victoriabaai
Daar kan ek nog soms my siel oop knoop;
Daar verdwyn die nag en word dit dag.
Daar kan ek my kop van kommer stroop
Op my rots, my troon, vind ek hoop.
Refrein x 2
Einde



Writer(s): Lucas Lodewyk Maree


Lucas Maree - Afrikana...75 Van Die Beste Volksliedjies
Album Afrikana...75 Van Die Beste Volksliedjies
date de sortie
11-04-2014



Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.