Andries Bezuidenhout - Die Spoorlose Verdwyning Van Elvis Du Preez текст песни

Текст песни Die Spoorlose Verdwyning Van Elvis Du Preez - Andries Bezuidenhout



Kom laat ek vertel van Elvis du Preez
Al het dit ʼn ruk gelede gebeur
Elvis wat so voetslaan, Elvis wat so stap
Met velskoene en kakies en kouse wat krap
Almal was bang as Elvis inbars
By Incognito op ʼn double time mars
Jy soek net nie kak met ʼn bras brush cut
Jy sukkel nie sommer met ʼn honderd en agt
Elvis rook Lexington en Boxer-tabak
Gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak
Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask
Deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak
Wat noem jy ʼn budgie met masjiengeweer?
Eenvoudige antwoord: Jy roep hom meneer
As Elvis se skouer jou stamp by die bar
Knik jy eerbiedig vir die vriendelike gebaar
Met bulderende arms maak Elvis amok
Mik na elke paar bene in enige rok
En as die tegniek die teiken mis
Ontluik daar ʼn crooner wat sing en sus
Elvis rook Lexington en Boxer-tabak
Gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak
Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask
Deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak
En toe het Elvis spoorloos verdwyn
Hulle dit was mans met ʼn bakkie en boeie
Laat daardie aand haar opgelaai
En wat toe gebeur het, kan ons net raai
Elvis, ek verdwaal ook soms in die strate
Ek kom van Pretoria, maar hierdie is nou Tshwane
Is jy nog iewers in Sunnyside, stukkende blom?
Dis dalk nou veiliger om uit te kom
Elvis rook Lexington en Boxer-tabak
Gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak
Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask
Deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Onplaats
Альбом Onplaats
дата релиза
17-04-2020




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.