Andries Bezuidenhout - Ondien Se Wiegelied текст песни

Текст песни Ondien Se Wiegelied - Andries Bezuidenhout



Nou laat die sand die son se laaste hitte vry
Bring jou beker koffie en kom sit hier langs my
Van anderkant die duine lewer golwe kommentaar
Met fosforstemme fluister hulle: Toemaar, toemaar
Hier's ʼn velkaros, hardekool, dennebolle en ysterhout
Want netnou is dit donker en die nagwind hier is koud
Van anderkant die duine lewer golwe kommentaar
Met fosforstemme fluister hulle: Toemaar, toemaar
Alles is nou ver van hier, net ons, die nag, die see, ʼn vuur
En mossels met fyn arikruik en die stroopsoet van ʼn vyeblik
Van anderkant die duine lewer golwe kommentaar
Met fosforstemme fluister hulle: Toemaar, toemaar
Kom terug na die oorsprong, kom terug, kom terug
Ons abba jou saggies, ons dra jou op ons rug



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Onplaats
Альбом Onplaats
дата релиза
17-04-2020




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.