Anton Goosen - Blommetjie Gedenk Aan My текст песни

Текст песни Blommetjie Gedenk Aan My - Anton Goosen



'N Skraal wind waai oor die Nguniebosse, op die pad buite Uniondale
Elke paasnaweek staan die
Spookmeisie daar as die herfswind hoeka al huil
Met haar lang swart hare onder sekelmaan, tuur sy oor die vlakte haai
En haar klere blink spookagtig, en haar duim vra om haar op te laai
En die Kammanasieberg spook huil, as sy klippe bergaf rol
En die spookmeisie van Uniondale, wat duimry en droewig sing
Blommetjie gedenk aan my, en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my, en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo ...
Die reisigers verby Uniondale, het haar dikwels opgelaai
En verder aan, so uit die nuut, verdwyn sy in die wind wat waai
So as jy saans in die langpad dwaal
Oor die pase, middernag
Pasop vir die spook van die Klein Karoo,
Tensy jy gaan spoke jag
En die Kammanasieberg spook huil, as die klippe bergaf rol
En die spookmeisie van die Uniondale, wat duimry en droewig sing
Blommetjie gedenk aan my, en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my, en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo



Авторы: Anton Goosen


Anton Goosen - Riviersonderend - 21 "Greatest Hits"
Альбом Riviersonderend - 21 "Greatest Hits"
дата релиза
07-04-2014




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.