Anton Goosen - Potjiekos текст песни

Текст песни Potjiekos - Anton Goosen



Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker, lekker, lekker potjiekos
Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker potjiekos
Die Drommedaris kom in Tafelberg aan
Kom laat ons sing ja, kom laat ons sing
Ou Jan van Riebeeck, hy gaan nader staan
Kom laat ons sing ja, kom laat ons sing
Die Hollanders is 'n nuuskierige klomp
Oral in die Kaap, daar gaan kyk hulle rond
Harry en sy strandlopertjies was ook daar
Hulle maak 'n vetstert-skapie gaar
Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker, lekker, lekker potjiekos
Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker potjiekos
Harry hardloop nader met 'n swaai van die hand
Kom laat ons sing ja, kom laat ons sing
Harry en van Riebeeck, hulle sit op die sand
Kom laat ons sing ja, kom laat ons sing
Harry en ou Jan, hulle ruil hulle goed
Altwee in die skik, maar net voor hulle groet
Ou Jan vra:
" Daardie potjiekos meneer, asseblief sal jy vir my ook leer?"
Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker, lekker, lekker potjiekos
Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker potjiekos ...
Die hele wêreld kom mos toe ook hier aan
Kom laat ons sing ja, kom laat ons sing
Portugese, Franse, Duitser, Ingelsman
Kom laat ons sing ja, kom laat ons sing
Potjiekos het op die groot trek saam gegaan
Oor die Blouberge tot by ou Dingaan
Ou miesies Victoria het dit self verklaar
"Die lekkerste van alles is die potjiekos daar"
Baie jare het gekom en weggegaan
Kom laat ons sing ja, kom laat ons sing
Die potjie met die kos het altyd vas gestaan
Kom laat ons sing ja, kom laat ons sing
Binne-in die pot gaan jy die volgende kry
"Somer en son en saffier vir my"
"Braaivleis en Rugby en lekker dans"
"'n Orkes op die tong, vol afrikaans"
Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker, lekker, lekker potjiekos
Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker potjiekos ...
Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker, lekker, lekker potjiekos
Potjiekos, potjiekos
Lekker, lekker potjiekos



Авторы: Anton Goosen


Anton Goosen - Lappiesland
Альбом Lappiesland
дата релиза
01-01-2007




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.