Anton Goosen - Silver de Lange текст песни

Текст песни Silver de Lange - Anton Goosen



Die konsertina kerm al sy verlange,
In die hande van ou Silver de Lange
Hy't gespeel van die liefde, maar hy was 'n eensame man
Ja, ou Silver hy't die pad alleen
Geloop, en gedwaal soos net 'n swerwer kan
Dalk 'n bottel in die hand om die wêreld se skerpkant, weg te brand
Dis 'n geleende konsertina vir 'n arm
Man, wat kon speel beter as 'n ander kan
As die Vyf-Dagbrekers op die radio grammofoon speel
O, dan wonder ek baie oor jou Silver,
Daar's so baie wat ons twee kon deel
Maar die konsertina's nou jou weduwee, en jou hande het afgetree
O, speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver
Silver de Lange ...
En kom die paaie van die ou musikante,
By die kruising van die hemel se rante
En 'n man hoef nie meer vir 'n sjieling op 'n dag te speel
En ek wonder hoe baie baie harte, het ou Silver in sy lewe gesteel
Maar die konsertina's nou sy weduwee, hy't sy hart net vir haar gegee
En watter vrou het gekyk in jou se blou,
As jou vingers om die wheatstone se note vou
Wie't die hartseer man, teen haar bors getroos
Ja, die wêreld's nog dieselfde,
Ou Silver, hy's hard en hy's voos en hy's boos
Het jy alleen gespeel en musiek
Gemaak, toe jou hande aan die stilte raak?
O, speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver
Silver de Lange ...
O, speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver
Silver de Lange.



Авторы: Anton Goosen


Anton Goosen - Riviersonderend - 21 "Greatest Hits"
Альбом Riviersonderend - 21 "Greatest Hits"
дата релиза
07-04-2014




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.