David Kramer - Onnerwater текст песни

Текст песни Onnerwater - David Kramer



Ken jy die Karoo
Hier bly slang en akkedis
Baie jare terug was daai akkedisse vis
Nou kry jy skulpe in die rotse
Jy kry skedels in die klei
Hierdie hele droë leegte onnerwater glo vir my
Ja, onnerwater, onnerwater
Hierdie hele droë wêreld onnerwater glo vir my
Sien jy die klein kliphuis, dis 'n oumens kenna-kerk
Daar's kennis in die klippe van hoe die sterre werk
As die son daar oor die Pramberg kom, sal die nuwe jaar begin
O klippe kan ek liefhê maar vir jou sal ek bemin
O ja vir jou, O ja vir jou, ja vir jou
O klippe kan ek liefhê maar vir jou sal ek bemin
Hier kom mense met gewere, hier kom mense met papier
Hulle kom met die swart Bybel en brannewyn en bier
Alles het hul opgevreet, van jou en my is gou vergeet
Dink hul ry die hemeltrein maar die duiwel stook die vuur
Ja, die duiwel, O die duiwel,
Hulle dink hul ry die hemeltrein maar die duiwel stook die vuur
Ga' Loop daar in die klowe, daar onderkant die krans
Kry jy olifant, renoster en die ou mense wat dans
Handjies teen die rotse en musiek maak vir die maan
Kolletjies en merke wat niemand kan verstaan
Onnerwater, onnerwater
Hierdie hele blêrrie wêreld onnerwater glo vir my
Onnerwater, onnerwater
Hierdie hele droë wêreld onnerwater glo vir my
Onnerwater, onnerwater
Hierdie hele droë wêreld onnerwater glo vir my
Ja, onnerwater, onnerwater
Hierdie hele droë wêreld onnerwater glo vir my



Авторы: David Kramer, J Willemse


David Kramer - Huistoe
Альбом Huistoe
дата релиза
03-08-2012




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.