Dozi - Kouevuur текст песни

Текст песни Kouevuur - Dozi



Die kole, gloei soos vroeer aande
Maar die vuur brand in my kop
En 'n ysige wind skroei my hande
Vas teen die beker met dop
En die ryp is 'n vlam om my voete
Maar die koue brand in my bors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors
Met 'n koue hart tot die more uur
Drink ek met 'n vuur in my kop
En ek voel die koue
Ja ek voel die vuur
Dit vreet my stuk stuk op
Ja daar is te veel met die wereld gefoeter
Daar is te veel met die mense gemors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors
Met 'n koue hart tot die more uur
Drink ek met 'n vuur in my kop
En ek voel die koue ja ek voel die vuur
Dit vreet my stuk stuk op
Ja die laaste versie het Koos geskryf
Vir Jan Van Riebeeck
En vir Bartholmeus Dias en vir Vasco da Gama
Ek dink vir Piet Retief en vir Andries Pretorius
Vir Dingaan en vir Chaka Zulu
Vir Bles Bridges, Worsie Visser
Vir Ge Korsten vir Tolla van der Merwe
Vir almal wat hier was
En nou nie meer hier is nie
Al die helde
Na al die geploeter
Le diep onder die aarde se kors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors
Met 'n koue hart tot die more uur
Drink ek met 'n vuur in my kop
En ek voel die koue ja ek voel die vuur
Dit vreet my stuk stuk op
Dit vreet my stuk stuk op



Авторы: koos du plessis


Dozi - Op Aanvraag...
Альбом Op Aanvraag...




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.