HUGO - Jantjie Pieterse текст песни

Текст песни Jantjie Pieterse - Hugo



Kan ek jou vertel
van die storie van my pel
Hy's die middelkind van drie
waar hy bly is daar nie teerpad nie
Hy ken van grondpad loop
na die padstal vir hul brood
Van melk haal by die boer as hy sy hout aan hom verkoop
Jantjie Pieterse my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse in eenvoud voer jy jou bestaan
Ek kyk na jou en ek wonder waaroor die lewe gaan
Kameraadskap, liefde en vertroue vind ek in jou Jantjie
Jy wat weet van swaarkry as die wintermaande nader kruip
Ouboet vry die meisies
maar jy moet by die huis wees
Om na jou ma te kyk omdat jou pa net daar in gees kan wees
Jantjie Pieterse my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse in eenvoud voer jy jou bestaan
Ek kyk na jou en ek wonder waaroor die lewe gaan
Dan staan ek by myself en kyk
watter lewe maak mens ryk
Een van tyd en geld
of dalk die een van Jantjie in die veld
Jantjie Pieterse my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse in eenvoud voer jy jou bestaan
Ek kyk na jou en ek wonder waaroor die lewe gaan



Авторы: juanita burmeister


HUGO - Deur Die Straights
Альбом Deur Die Straights
дата релиза
31-10-2013




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.