Jay feat. Lianie May - Vir Liefde текст песни

Текст песни Vir Liefde - Lianie May , Jay



Vir die liefde, het ek alles opgeoffer nog elke keer
Deur die storms en die reen en die donderweer
Ek's bitter lief vir jou
Dit was nie maklik nie
Ek bly nog lief vir jou
Dit was nie jou skuld nie
Dit was nie my skuld nie
En die tyd was koud
Hy was gemeen met sy oordeel want hy maak ons oud
Laat ons vergeet van hoe dit was, om verlief te wees
Dit is nie waar nie
Wat het van ons geword?
Ons is nog steeds hier
Ek mis die garage-partytjies en die happy times
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde?
Dit was vir jou, net vir jou, wat ek gedoen het vir liefde
Jou mond was stroop-soet heuning vir my
Voel my hande op jou lyf, ek kon nie genoeg kry nie
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde?
Vir liefde
Dit was 'n groot begin, jy het my helemal verras en my kop laat spin
Ek wou by niemand anders wees, toe koop ek 'n ring
Ons was dalk net jonk
Maar ek verruil dit nie
Ons was in liefde dronk
Ons moet dit net weer vind, want mens verloor dit nie
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde?
Dit was vir jou, net vir jou, wat ek gedoen het vir liefde
Jou mond was stroop-soet heuning vir my
Voel my hande op jou lyf, ek kon nie genoeg kry nie
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde?
Vir liefde
Dit was 1989, en die straat was verlig, en jy glimlag pragtig
Ek onthou dit soos gister, en ek weet dit was reg
Dis was so eg soos die waarheid,
Want die liefde steek mos nooit iets weg
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde?
Dit was vir jou, net vir jou, wat ek gedoen het vir liefde
Jou mond was stroop-soet heuning vir my
Voel my hande op jou lyf, ek kon nie genoeg kry nie
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde?
Vir liefde



Авторы: Vorster Johan


Jay feat. Lianie May - Beste Van J&L
Альбом Beste Van J&L
дата релиза
09-11-2018


Еще альбомы все альбомы


Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.