Текст песни




Hoe droog my woorde
Een een op
Hoe maal die nikssê
In my kop
Hoe word die omgee
Net te veel
Om mee te deel
Hoe keer mens storm
Keer mens drang?
Hoe proe die woorde
Nou so wrang?
Hoe voel so baie
Nou soos niks
Maar nog te veel?
Dis 'n alleenplek
Dis 'n seerplek
Dis 'n verplek
Om sonder jou te wees
Dis 'n blyplek
Dis 'n huilplek
Dis net 'n lêplek
As ek sonder jou moet wees
Hoe word 'n ja
So gou 'n nee?
Hoe sit my hart
Haarself nog teë?
Hoe hou ek jou
Nog hier by my
Hier by my?
Hoe draai mens om
Hoe draai mens terug?
Hoe hou mens
Op met sug?
Hoe word die stilte dan so stil
Dat jy dit anders wil?
Dis 'n alleenplek
Dis 'n seerplek
Dis 'n verplek
Om sonder jou te wees
Dis 'n blyplek
Dis 'n huilplek
Dis net 'n lêplek
As ek sonder jou moet wees



Авторы: Karin Hougaard Copyright: Next Music Publishing



Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.
Загрузка
Загрузка