Laurika Rauch feat. Bittereinder - Die Goue Uur текст песни

Текст песни Die Goue Uur - Laurika Rauch , Bittereinder



Daar′s bloed op my tong
Maar ek swem nog altyd stroom-op
Hoor jou hart in die donker
Die soen is tog oopmond
OK, los die verwysings
Dis ek en dis jy
Maar alles is anders
Ons altwee verdwyn
'N brug staan nou hier
′N pad deur die wolke
Die straatligte flikker
Die stene is longe
Ons sing sonder klank
Die ruimte vibreer
Die oomblik word tydloos
Dis nou! dit gebeur!
Ek's die goue uur
'N skadu wat dryf in die kollig
Musiek in figuur
Ek staan op die strand
Onverantwoordelik
Wild soos die land
Onbetroubaar soos woorde
Ek gaan haal uit die storm
En bring dit vir jou
Die beelde wat vorm
Ontembaar en rou
Hulle gloei in jou hande
En brand in jou
En vloei deur jou are
In ′n vreemde patroon
En hier′s die vertaling
Deur vlammende pen
Klankgolfopenbaring
Die boodskapperstem
Ek's die goue uur
′N skadu wat dryf in die kollig
Musiek in figuur
Ek's die goue uur
′N skadu wat dryf in die kollig
Musiek in figuur



Авторы: Jaco Van Der Merwe


Laurika Rauch feat. Bittereinder - Die Reis
Альбом Die Reis
дата релиза
11-10-2016



Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.