Elvis Blue - Ek Mis Jou Lyrics

Lyrics Ek Mis Jou - Elvis Blue



Boeke is vol stories lief
En tydskrifte ook
Jy koop 'n glimlag, vir 'n oomblik
Totdat als verdwyn in rook
Die lewe is 'n raaisel
'N netjiese gemors
Ek wil net vir jou
Ek mis jou en dit brand my net soos vuur
Nog 'n hotel, nog 'n stop
Nog 'n reis in my kop
Dan hou ek jou weer teen my
En ek wil jou nooit los
Drome word soms waar
Maar vanaand is myne op
Ek wil net vir jou
Ek mis jou en dit brand my net soos vuur
Die koudste koud is sonder jou
Die verste ver is ver van jou
Oe oe oe, ek mis jou
Ek wens jy was nou hier
Ek mis jou en dit brand my net soos vuur
Laat aande leë strate
My woorde val so deur die krake
Al praat ons op die telefoon
Voel alles hier verlate
Als was so vanselfsprekend
Totdat ek alleen moes staan
Nou's jy al wat ek wil
En ek mis jou en dit brand my net soos vuur
Die koudste koud is sonder jou
Die verste ver is ver van jou
Oe oe oe, ek mis jou
En ek wens jy was nou hier
Ek mis jou en dit brand my net soos vuur
Ons praat maar op die telefoon
Badtyd is klaar, die kinders skoon
Dis hemel daar by jou
Maar jy dink dis net gewoon
Ek was nooit gemaak om op 'n enkelbed te slaap
Jou wegwees los my leeg
En ek mis jou en dit brand my net soos vuur



Writer(s): Elvis Blue, Koos Van Der Merwe


Elvis Blue - Die Brug
Album Die Brug
date of release
29-04-2017




Attention! Feel free to leave feedback.