Elvis Blue - Mooi Lyrics

Lyrics Mooi - Elvis Blue



Hoe raak jy aan die slaap?
Hoe begin jou dag?
Open jy jou met 'n traan
Of met 'n lag?
Kyk jy om jou rond
Sien jy dan die son?
Of soek jy agter alles
Na die skadu op die grond?
Leef jy vir geluk
Of sterf jy van verdriet?
Is daar vir jou 'n keuse
Of het jy geen keuse nie?
Dit maak nie regtig saak
Of dit waarheid is of nie
Dis hoe jy dit sien.
Hoe mooi kan jou lewe lyk
Dis maar hoe jy kyk
Dis maar wat jy droom
Hoe mooi is jou werklikheid
Jy is net so ryk
So ryk as wat jy voel.
Weet jy wat jy het?
Is die sirkel rond?
Sien jy wat daar staan
Of bly jou op die grond?
Kry jy wat jy wil
Of meer as wat jy vra
Is jy tevrede met die minste
Of is die meeste nie genoeg?
Raak jy verwondered deur sneeu,
Deur die druis van die wind?
Geniet jy nog die voëls
En die glimlag van 'n kind?
Bewerk jy jou geluk
Want binne in jouself
Is die eindig en begin.
Hoe mooi kan jou lewe lyk
Dis maar hoe jy kyk
Dis maar wat jy droom
Hoe mooi is jou werklikheid
Jy is net so ryk
So ryk as wat jy voel.
So ryk as wat jy voel.
Hoe mooi kan die lewe wees
Dit is maar hoe jy daarna kyk
Dit is maar wat jy droom
Hoe mooi is jou werklikheid
Jy is net so ryk
So ryk soos jy voel.
So ryk soos jy voel. x 2



Writer(s): Elvis Blue


Elvis Blue - Afrikaans
Album Afrikaans
date of release
01-01-2013




Attention! Feel free to leave feedback.