Elvis Blue - Hillbrow Lyrics

Lyrics Hillbrow - Elvis Blue



Ou man sit by die straatkafee
En kyk al die mense
Loop heen-en-weer
Boemelaars raas
By die Wimpy Bar
En Fontana is oop
Tot laat in die aand
Kaalvoet kinders
In die straat
Wys parkeerplek aan
En hou dan die hand
En hou dan die hand
En hou oop die hand
En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome
Jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow
In Quartz Straat
Hoor ek 'n meisie my roep
Daar's 'n Hare Krishna
Wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus?
Vra 'n man op die stoep
Tussen Hillbrow records
En Estoril Books
En dis lank na twaalfuur
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag
Sy sein in die nag
Sy sein vir die junkies wat wag, o
En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome
Jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow
En die ligte gaan aan
In die Chelsea Hotel
En stemme en musiek
Klink in elke woonstel
Ons sit in die koue, drink wyn
Ons survive met 'n helse lot pyn
In hierdie land, ja
Ons survive met 'n helse lot pyn
In hierdie land, ja
Kom ons drink op die een
Wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra, ja
En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente jou drome
Jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow, o



Writer(s): Johannes Kerkorrel


Elvis Blue - Afrikaans
Album Afrikaans
date of release
01-01-2013




Attention! Feel free to leave feedback.