Elvis Blue - Toe Ons Jonk Was Lyrics

Lyrics Toe Ons Jonk Was - Elvis Blue



Toe ons jonk was kon ons eet net wat ons wou
Ons kon speel en ons kon 'n lang pouse hou
Ons was fine daarmee om net hande vas te hou
En ons ouers was die mooiste man en vrou
Toe ons jonk was
Toe ons jonk was het ons nie geweet van hart breek nie
Ons drome was groot en ons was nie bang nie
Toe ons jonk was was ons ouers nog bymekaar
Oupas, oumas het geleef en niks was te swaar
Toe ons jonk was
Oh en ons tyd hier is al te min
Ons is almal nou groot maar ons het klein begin
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my
Toe ons jonk was het ons nog met ons bure gepraat
Daar was nie so ding soos kleur en ons het niemand gehaat
Toe ons jonk was het ons nog genoeg geld gehad
Ons harte was vol, ons was vir niemand kwaad
Toe ons jonk was, oh, toe ons jonk was
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my
Toe ons jonk was kon ons glo dat God na ons kyk
Ons kon sien hoe Hy Sy arms na ons toe uitreik
Ons kon altyd met Hom praat, want Hy was naby
Ons het geweet dat Hy altyd by ons sal bly
Toe ons jonk was, toe ons jonk was, oh, toe ons jonk was
Ooooh kom wees weer jonk saam met my
Ooooh kom wees weer jonk saam met my
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my
Hey
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my



Writer(s): Elvis Blue


Elvis Blue - Afrikaans
Album Afrikaans
date of release
01-01-2013




Attention! Feel free to leave feedback.