Koos Kombuis - Coca-Cola Nooi Lyrics

Lyrics Coca-Cola Nooi - Koos Kombuis



Jy het my in die restaurant opgefix.
Jy was besig om milkshakes en omelet's te mix
Toe kom ek in, en sê: "Ek's André'
En toe wil jy weet: "Is jy lief vir my?'
Ek antwoord: "Ek weet nie, ons kyk maar'
"Ek was net op soek na die naaste Wimpy-Bar'
"Ek's joune vir altyd, check jou mate'
En ek scheme by myself: "Maar altyd is 'n lang tyd'
Jy's my Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee
Jy het eers geding jy gaan altyd met my mee
My Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee,
En toe jy wou bly, was die antwoord, "Nee'
"Want ek is nie PFP, nee, en ek is nie ANC'
Toe vat ek jou weg na 'n wrede straat,
Met graffiti teen die mure en haat
Snags is daar bendes en Polisie wat baklei,
Maar steeds klou jy soos 'n label aan my sy
Some say love, it is a river,
Maar hier is saam wees stomper as 'n razor
"How's your hand ol' mate? Rook nog 'n pyp'
Want die's mos die flip-side van die Fairest Cape
Koortjie
Jou pa het kom soek na sy derde-oudste dogter
Met 'n mes in sy sak, en 'n lyf vol alcohol
Hulle vir hom: "Sy bly daar saam met die digter'
En daai aand moes ons vir ons lewens weghol
Koortjie



Writer(s): Koos Kombuis


Koos Kombuis - Mona Lisa: Die Mooiste Love Songs
Album Mona Lisa: Die Mooiste Love Songs
date of release
01-01-1995




Attention! Feel free to leave feedback.