Laurika Rauch - Waarheen Gaan Die Tyd, My Lam Lyrics

Lyrics Waarheen Gaan Die Tyd, My Lam - Laurika Rauch



As die blaar van die boom op die grond sou val
En die wind dit weer kom haal
Sal die wind die blaar na die wolke toe vat
Tot die reën weer op hom val
Dis die siklus van die lewe my kind
Dis ′n mooi en suiwer ding
Soos die een ons groet en aanbeweeg
Begin die engele weer te sing
Waarheen gaan die tyd my Lam
Jy was jonk gewees en jy was skaam
Jy was weggevoer deur die lewenswind
Maar my Hart jy bly - nog steeds my kind
Voor my het jy 'n mens geword
In die modder gespeel en bal geskop
Soos ′n pleister jou seer kon beter maak
Het jy ook geleer met die hart - is dit 'n ander saak
Ons het saam gelag en saam gehuil
Al die modes probeer - styl na styl
Jou hart was gebreek en weer heel gemaak
In die kiekies lag ons saam
In die kiekies lag ons saam
Waarheen gaan die tyd my Lam
Jy was jonk gewees en jy was skaam
Jy was vasgevang in die lewenswind
Maar my Hart jy bly - nog steeds my kind
En ek wou jou graag beskerm teen die lewe se seer
Maar tog het ek geweet jy gaan self jou lesse leer
Waarheen gaan die tyd my Lam
Jy was jonk gewees en jy was skaam
Toe's jy weggevoer deur die lewenswind
Maar my Hart jy bly - my kind!
Waarheen gaan die tyd my Lam
Jy was jonk gewees en jy was skaam
Toe′s jy weggevoer deur die lewenswind
Maar my Hart jy bly - nog steeds my kind
My kind!



Writer(s): Christoph Kotze


Laurika Rauch - Wals, Wals Willemien
Album Wals, Wals Willemien
date of release
05-01-2014




Attention! Feel free to leave feedback.