Laurika Rauch - Los En Vas Lyrics

Lyrics Los En Vas - Laurika Rauch



Effens skaam en deurmekaar
Staan die liefde voor jou deur
Kom net gou vir jou hallo -
En hy klop nie altyd baie hard nie
Hy skuif sy voete heen en weer
En jy′s ook deurmekaar
Soek hy 'n plek om in te trek -
Soos in die leë kamers van jou hart?
Hier kom die liefde, daar gaan hy weer
Maak jy my bly of maak jy my seer?
Wat het jy daar, diep in jou tas?
Speel jy nog los, nog los en vas?
Skuif jou voete heen en weer
Die hemel is so blou
Jy kan ′n bietjie teëstand bied
Maar hy wil jou in sy arms hou
As jy jou kom kry is Maart al Mei
Die liefde het oorheers
Hy's ingetrek en uitgestrek
In die breë kamers van jou hart
Hier kom die liefde, daar gaan hy weer
Maak jy my bly of maak jy my seer?
Wat het jy daar, diep in jou tas?
Speel jy nog los, nog los en vas?
Onverwags een winternag
Pak die liefde weer sy tas
Kom net gou vir jou tot siens
Maar hy hy wil nog vriende bly
As jy jou kom kry is als verby
Jy staar net in die spieël
Dis donker in die voorportaal
En in die leë kamers van jou siel
Hier kom die liefde, daar gaan hy weer
Maak jy my bly of maak jy my seer?
Wat het jy daar, diep in jou tas?
Speel jy nog los, nog los en vas?
Ooo
Hier kom die liefde, daar gaan hy weer
Maak jy my bly of maak jy my seer?
Wat het jy daar, diep in jou tas?
Speel jy nog los, nog los en vas?



Writer(s): Christopher Torr


Laurika Rauch - Wals, Wals Willemien
Album Wals, Wals Willemien
date of release
05-01-2014




Attention! Feel free to leave feedback.