Bittereinder - Die dinkdansmasjien текст песни

Текст песни Die dinkdansmasjien - Bittereinder



Sluk ek al die bitter in 'n bitsige ontwikkeling
Wat sukkel om die vinger in my gesig te verklaar
Ek wil myself verdedig teen die stewige beledigings en
Deeglik nou die bewings van die storm laat bedaar, maar
Steek ek self 'n vinger uit, wys dit altyd terug na my,
Dis eintlik net myself met wie ek eindeloos baklei
Vyf vingers in 'n vuis, ek hou daai stry nou stywer as 'n
Minnaar teen 'n lyf, my lewe soos 'n eenbedryf
So kort soos een asem, die tydmors is waansin,
Dis verbasend hoe vinnig ek kan gaan van nul tot rasend
Vat dit als persoonlik en ek bogger elke oomblik op
Want moontlik is die woorde selfs nog groter as my kop
Pop soos 'n ballon, skop vas teen die grond
Hip-hop is in my mond, stop vir 'n sekond...
Pop soos 'n ballon, skop vas teen die grond
Hip-hop is in my mond, stop vir 'n sekond...
Die pols kom nog duidelik, flippin onvermydelik,
En ek vir niemand jammer vir die Woord wat in my is
Ek rap vir die eer van eerlik wees,
Elke lyn soos die pyn van 'n geweer teen jou neus
Ek weet dis als te hectic, maar ek skryf wat ek sien,
Bittereinder vat jou orals soos 'n dink-en-dans-masjien
So spring met jou brein,
Sing die refrein, drink en verdwyn, dink oor jou pyn,
Blink in die sonskyn,
Bring jou eie wyn, piekniek in jou tuin, sink, dis verby
Pop soos 'n ballon, skop vas teen die grond
Hip-hop is in my mond, stop vir 'n sekond...
Pop soos 'n ballon, skop vas teen die grond
Hip-hop is in my mond, stop vir 'n sekond...
Dink! dans! dink! dans! dink! dans!
Vergeet maar van balans!
Dink! dans! dink! dans! dink! dans!
Dis veels te Afrikaans!
Rap-en-rol nou pappie want dis diep-hop hierdie,
'N knie-skop liedjie, kyk jy wieg tog 'n bietjie
Dis nie dubstep nie, maar mens kan dans op 'n flikkerlig
Nie deel van 'n trend nie nou's die tieners maar skrikkerig
Maar ons brand met 'n lig wat vir eeue al skyn
En ons weet jy gaan ons nooi vir daai piekniek in jou tuin
Vra vir Arcade Fire: "oh, we used to wait...
"Nou skree my stem die hardste: "sing weer die refrein!"
Hou op om ons te verveel,
Speel daai ander deel weer,
Ek's lus vir saamskree, o, maak tog my keel seer
Speel hom meer as twee keer,
'Seblief 'seblief meneer, weer, weer, weer, weer, weer, weer, weer!
Dink! dans! dink! dans! dink! dans!
Vergeet maar van balans!
Dink! dans! dink! dans! dink! dans!
Dis veels te Afrikaans!
So vorm jou opinies en deel dit tog met ons, man
Ons skryf vir al die tannies voor die kassie en die jongspan
Oupas wat ons taal praat, tieners met 'n ruggraat
Die sieners in die suburbs en die sinieses wat ons haat
(Die sinieses wat ons haat)
(Die sinieses wat ons haat)
(Die sinieses wat ons haat)
(Dis veels te Afrikaans)
(Dis veels te Afrikaans)
(Dis veels te Afrikaans)
Dink! dans! dink! dans! dink! dans!
Vergeet maar van balans!
Dink! dans! dink! dans! dink! dans!
Dis veels te Afrikaans!
(Dis veels te Afrikaans)



Авторы: Jaco Van Der Merwe, Louis Minnaar, Peach Van Pletzen


Bittereinder - Die Dinkdansmasjien
Альбом Die Dinkdansmasjien
дата релиза
02-11-2012




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.