Bittereinder feat. Tim Beumers - Die slagting текст песни

Текст песни Die slagting - Bittereinder , Tim Beumers



As ek self 'n pop was sou ek popmusiek maak
Met vuil vingers aan ou tannies se hartsnare raak
Ek sou dronk pronk op backtracks in jou parkeerterrein
Vir ure staar waar my foto's verskyn
Maar genoeg van dit, ek's moerse lus om oor iets anders te gesels (wat!?)
Soos poetse bak en voete krap en goeie geselskap
Hoe was jou lewe toe daar nog nege planete was?
Toe jy gevoel het jy kon nog glo in die inhoud van jou yskas?
Nou's dit net byt vas en uitwas en twyfel
Ons dans om die lyne soos die feite ontrafel
Spring op 'n tafel en sing hoe jy voel
Daai liedjie wat iets oor 'n kerk en 'n koeël
Maar glo jy dit regtig? dit klink so verkeerd!
In elke opsig kry jy wat jy gee
Nog voor dit gebeur, skree ons klaar met verwagting
Dames en here, welkom by
Die slagting
In die vuur: die manier hoe ons almal dink
Jy mag sing
Vir plesier: jy bestuur hoe die storie klink
Verwagting
Is so duur in die bier wat ons almal drink
Die slagting
Is nou hier: die manier hoe ons almal dink
Tim Beumers:
Messcherp en mijn stem sterk
Breng mij een berg plet hem als dwerg
Letterlijk verder ben niet beperkt
Al wat niet werkt heb ik verpletterd
Moeilijke tijden moest ik bevrijden
Moet je begrijpen
Niet droevig te krijgen
Moeite met mij is moeite met feiten
De slagting, leg je ziel op een blok met een bijl in mijn hand en
Katsjing een rivier op de grond wat een einde is dat
Een kam we scheren een stand
Geef me een hand ik neem een heel land
Geef me geen nee ik vrees er geen 1
Dus weet dat ik jullie 1 voor 1 slacht
So klim ek lekker stukkend in die derde vers in
'N jakkals op 'n reis met 'n leeu en 'n perske
Deur gevaarlike waters in 'n glasbodemskip
Die land spoeg ons uit en die see wil ons insluk
Mense wil partytjie en die beats moet hard ruk
Ek dink hulle wou saamsing, maar hulle't almal verstik
Ons verander elke dansvloer in 'n slagveld in
Elke laaitie word 'n held, elke meisie 'n heldin
Want in die ligte en die ritme maak jou lewe skielik sin
En so tussenin die woorde sien jy kans vir oorbegin
Strek jou hande na die sterre as jy lief is vir musiek
Plak jou palms op die beat want jou liefde's spesifiek
Voel die vlamme teen jou vel soos jy veilig verdwyn
Ons word een met die storm, in die waarheid en die pyn
Elke deel word oopgeruk deur vrees en seer
Moenie bang wees om te bloei nie, dis net vlees wat skeur



Авторы: Louis Minnaar, Jaco Van Der Merwe, Peach Van Pletzen


Bittereinder feat. Tim Beumers - Die Dinkdansmasjien
Альбом Die Dinkdansmasjien
дата релиза
02-11-2012



Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.