David Kramer - Boggom En Voertsek текст песни

Текст песни Boggom En Voertsek - David Kramer



In 'n boesmanlandse dorpie, ry n vaal ou Pontiac
Voor sit ou Boggom, en agter sit Voertsek
Boggom dra blou jannasie en 'n tiervel om sy hoed
Op sy frokkie staan daar groot geskryf
Kentucky is vingerlek goed
Boggom bestuur die Pontiac, so lekker op sy gemak
Sy een poot op die stuurwiel, die anner poot oppie dak
Voertsek is opgewonde, hy sluk aan sy kannetjie wyn
Hy sê: " Boggom gee nog vet ou pel
Dat die naaldjie daar verdwyn - yeah"
Boggom en Voertsek, hulle ry daai Pontiac
Deur die Versveld vlaktes, dat die stoffies 'n daar so trek
Voertsek van der Merwe, ou Boggom Bobbejaan
Man hulle is legendes, oral waar hul gaan - hay
Daar in die Hantam wereld, by die Boegoebossie fees
Ou Boggom trap die petrol, hulle gons die dorpies deur
Hulle skree daar met die teerpad af, in die rigting van die Kaap
Ou Boggom is so ewe casual, hy bly net aan die gaap
Maar Voertsek se is piering groot, lyk nes 'n oupa uil
Hy sien nie vir Jakkals Bloubaadjie, wat daar agter die bossie skuil
En ou Jakkals sit hul agterna, die vet is in die vuur
En hy jaag hul daar van Garies, tot onder in Napier
Boggom en Voertsek, hulle ry daai Pontiac
Deur die Versveld vlaktes, dat die stoffies 'n daar so trek
Voertsek van der Merwe, ou Boggom Bobbejaan
Man hulle is legendes, oral waar hul gaan
Met die hulp van ou Varkie Vaalpens, het ou Jakkals vir hulle gevang
Hulle is ver van die Sandveld vlakte, en die Hantam berg se gang
Hulle sit daar agter in die police-van, ou Jakkals en Varkie voor
Hulle loer deur die tralies, met groot wit piering
Ja, die twee het daar gesit, in die tronk op Napier
Ou Voertsek vir drie maande, en ou Boggom somme vier
Ja, die twee van hul het saam gejol, waar die Hantam wereld strek
Ek hoor Boggom is nou lid van die dorpsraad
En Voertsek, ag hy's lankal vrek
Boggom en Voertsek, hulle ry daai Pontiac
Deur die Versveld vlaktes, dat die stoffies 'n daar so trek
Voertsek van der Merwe, ou Boggom Bobbejaan
O, hulle is legendes, oral waar hul gaan



Авторы: David Kramer


David Kramer - Alles Vannie Beste
Альбом Alles Vannie Beste
дата релиза
15-02-1996




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.