Jack Parow feat. Hunter Kennedy - Vingerafdruk (feat. Hunter Kennedy) текст песни

Текст песни Vingerafdruk (feat. Hunter Kennedy) - Jack Parow , Hunter Kennedy



In die donkerte ingekyk
Nou staar die donkerte terug na my
Aan fame try vat, nou vat die fame aan my
My trots gesluk, nou net n vingerafdruk
So ver beweeg, maar voel of ek net begin
Los stukkies van myself op elke stage wat ek spring
My bloed loop deur elke song wat ek sing
Maar voel of eensaamheid al is wat fame my bring
Die vryheid wat musiek vir my gegee het op die pad
Het die jare stadig maar seker weg van my gevat
Soek soms skyn,
Maar voel soms ek soek verniet en in die
Donker nag wil selfs die sterre op my skiet.
My wereld wankel mos al lankal in n wanbalans
Die stryd vir Afrikaans is mos al lankal vankant gemaak
Dis die skuldgevoelens wat jou elke aand besoek en
Die waardes van jou vader wat jou vordering verhoed
Eks verlore in wat almal se wat ek moet wees,
Dat die vrees om in te pas my in stukkies opbreek
Maar as jy eendag langs my doodsbed na my roep
Onthou ek was eintlik net na happiness op soek
In die donkerte ingekyk
Nou staar die donkerte terug na my
Aan fame try vat, nou vat die fame aan my
My trots gesluk, nou net n vingerafdruk
Gee my krag, gee my tyd, gee my lesse om te leer
Laat my lag, laat my huil voor jou woorde my verskeur
Sit die wind in my are, die son op my gesig
Vul my are met vuur en sit die fight in my terug
Waar ek skuil in die skadu en jou try vermy
Het die krake my stadig maar seker voorberei
My hande in stukkies vir Afrikaans baklei
Die grondpad na paradys voel veels te lank vir my
Ons is almal hier tesame, vergader in sy naam
Weerloos en verlate, so gemaak en so laat staan
Die rede vir ons wese te swaar om te verstaan
Kom sit kruisbeen op die mat laat ons plannetjies beraam
Se hallelujah ek sal nooit ooit stilbly nie,
Hallelujah, jou mentaliteit is nie vir my nie
Aan die einde van die gang skyn daar nog n lig
En as jy my nodig het kom ek altyd vinnig terug.
In die donkerte ingekyk
Nou staar die donkerte terug na my
Aan fame try vat, nou vat die fame aan my
My trots gesluk, nou net n vingerafdruk
In die donkerte ingekyk
Nou staar die donkerte terug na my
Aan fame try vat, nou vat die fame aan my
My trots gesluk, nou net n vingerafdruk



Авторы: Zander Tyler, Georg Johann De Ridder, John Hunter Eddington Kennedy


Jack Parow feat. Hunter Kennedy - Afrika 4 Beginners
Альбом Afrika 4 Beginners
дата релиза
10-11-2017



Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.