Jack Parow feat. Pierre Greeff - Tussen Stasies - Acoustic текст песни

Текст песни Tussen Stasies - Acoustic - Jack Parow feat. Pierre Greeff



Ek het al baie goed verloor
En dit nooit ooit weer gevind nie
Ek het al baie vir my ma gesê: ek is nie meer 'n kind nie
Die lewe is hard en ek verstaan nie meer die punt nie
Ek staan langs 'n groot hoop hout,
Maar ek het nie meer 'n flint nie
Ek kry koud op my eie ek soek net 'n klein bietjie warmte
Almal is ryk van die liefde en ek is al weer die armste
Sommige dae voel ek of ek dood gaan van die hongerte
Daar is n leë kol in my maag waar ek weg kruip in die donkerte
Ek is gebreek van binne soos my al my speelgoed van toe ek klein was
As ek vandag weg stap sal al my goed pas in 'n klein tas
Ek soek net n klein tydjie sodat ek die as van my kan afwas
Maar die soldate op die muur bombadeer my met die traangas
Ek onder 'n lappies kombers en probeer nog blokkies aanlas,
Maar daar is 'n kwaai oom langs my bed en hy vir my: Staan vas
So ek trek die kombers oor my kop en oop voete
En stap die lang pad in my pa se groot skoene
(Pierre Greef):
As ons staan op die einde van die langpad langs die spoor
Daar's net donkerte daar voor ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor
Hou my hand styf vas langs jou sy
Is jy nog lief vir my?
Sal jy my by die hemel poorte kry?
Ons hou vas aan mekaar maar niemand gaan regtig jou nie wees nie
Ons skryf briewe vir mekaar wat ons nooit regtig lees nie
Want daar's altyd een verloorder in Russian Roulette
Ek moet uitgaan, ek moet werk,
Maar ek sit vas in die bed
Ek stap rond en soek sitplek in leë geboue
Ek probeer myself vind in drank en leë verhoudings
Ek sit en skryf gedigte, maar word my gedigte digkuns?
En ek skree volle bors in die aand met my kop in die kussing
Ek vir ure in die bad met my kop onder die water
Ek slaap elke oggend laat want die wêreld kan wag tot later
Ek moet wag, nee, aanbeweeg ontslae raak van my gevoelens
So ek stap, ek raak leeg met groot aksies sonder by bedoelings
Ek sit alleen op een punt van die wipplank
Ek bid alweer vir een sitvlak maar ek sit lank
En ek wag vir iemand om op te spring aan die eenkant
Maar die vingers van my gevoelens krab diep in my verstand
(Pierre Greef):
As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor
Daar's net donkerte daar voor ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor hou my hand styf vas langs jou sy
Ek het al vêr gewen en al baie vêr verloor
Ek het al baie gevoel of die lewe my versmoor
Ek het al baie gesit op die bokant van die berg
Ek het al baie gesit in die voorkant van die kerk
Ek het al baie meisies gehad en gehoop dit gaan werk maar al die houe wat jy vat maak jou net vokken sterk dis mos lekker in die plekke waar die son altyd skyn maar ek's verslaaf aan die donker, ek's verslaaf aan die pyn
Julle almal lewe vir liefde maar julle word control soos 'n poppekas julle almal sal langs my staan na julle saam my in die donker was die dae se gebeure spook elke aand in my kop rond dis donker waar ek slaap op die rand van 'n afgrond
Vat my terug na die langkloof my ouma se plaas
Ek wil saam my suster die skapies in die kraal injaag
Ek wil sit op my oupa se skoot en stories hoor van die verlede
Ek wil rondhardloop deur die gras tot ek lam word in die knieë
(Pierre Greef):
Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry
Die hartseer is verby
Op die ou end dis al wat ek wil hoor rol oor jou tong:
Jy wil by my bly
Sal jy my by die hemelpoorte kry?



Авторы: Pierre Greeff, Zander Tyler, Fred Den Hartog


Jack Parow feat. Pierre Greeff - Nag Van Die Lang Pette
Альбом Nag Van Die Lang Pette
дата релиза
07-02-2014



Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.