Jack Parow - Tussen Stasies - Acoustic Version текст песни

Текст песни Tussen Stasies - Acoustic Version - Jack Parow



Ek het al baie goed verloor en dit nooit ooit weer gevind nie
Ek het al baie keer vir ma gese: "Ek is nie meer n kind nie"
Die lewe is te hard en ek verstaan nie meer die punt nie
Ek staan langs n groot hoop hout maar ek het nie meer n flint nie
Ek kry koud op my eie, ek soek net n klein bietjie warmte
Almal is ryk van die liefde, en eks alweer die armste
Sommige dae voel dit of doodgaan van die hongerte
Daar′s n leë kol in my maag waar ek wegkruip in die donkerte
Eks gebreek van binne soos al my speelgoed van toe ek klein was
As ek vandag wegstap sal al my goed pas in m klein tas
Ek soek net n tydjie sodat ek die as van my kan afwas
Maar die soldate op die muur bombardeer my met die traangas
So ek onder n lappies kombers en probeer nog blokkies aan las
Maar daar's n kwaai oom langs my bed en hy se vir my: "Staan vas!"
So ek trek die kombers oor my kom en oop voete
En stap die lang pad in my pa se groot skoene
As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor
Daar′s net donkerte daar voor, ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar's net stilte wat ek hoor
Hou my hand styf vas, langs jou sy
Is jy nog lief vir my?
Sal jy my by die Hemelpoorte kry?
Ons hou van aan mekaar, maar niemand gaan ooit regtig joume wees nie
Ons skryf briewe vir mekaar wat ons nooit regtig lees nie
Want daar's altyd een verloorder in Russian roulette
Ek moet uit gaan, ek moet werk, maar ek sit vas in die bed
Ek stap rond en soek sitplek in leë gebouens
Ek probeer myself vind in drank en leë verhoudings
Ek sit en skryf gedigte maar, word my gedigte digkuns?
En ek skree volle bors in die aand my kop in die kussing
Ek vir ure in die bad met my kop onder die water
Ek slaap elke oggend laat want die wêreld kan wag tot later
Ek moet wag. Nee, aan beweeg
Ontslae raak van my gevoelens
So ek stap, raak leeg met groot aksies sonder bybedoelings
So ek sit alleen, op een punt van die wipplank
Ek bid alweer vir een sitvlak, maar ek sit lank
En wag vir iemand om op te spring aan die een kant
Maar die vingers van my gevoelens kap diep in my verstand
As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor
Daar′s net donkerte daar voor ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar′s net stilte wat ek hoor
Hou my hand styf vas langs you sy
Ek het al vêr gewen en baie ver verloor
Ek het al baie gevoel of die lewe my versmoor
Ek het al baie gesit op die bokant van n berg
Ek het al baie gesit, in die voorkant van die kerk
Vat my terug na die Langpoort
Op my ouma se plaas
Ek wil saam met my suster die skape in die kraal in jaag
Ek wil sit op my oupa se skoot en stories hoor van die verlede
Ek wil rond hardloop op die gras tot ek lam word in die knieë
Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry
Die hartseer is verby
Op die ou einde al wat ek wil hoor oor jou tong: jy wil by my bly
Sal jy my by die Hemelpoorte kry?



Авторы: Zander Tyler, Fred Den Hartog, Pierre Greeff


Jack Parow - Nag Van Die Lang Pette
Альбом Nag Van Die Lang Pette
дата релиза
12-02-2014




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.