Robbie Wessels - Lang Gras текст песни

Текст песни Lang Gras - Robbie Wessels



Ek voel jou hart soms in myne klop.
Ek voel jou bloed deur my are pomp.
Ek sien jou soms in die spieël,
Soos toe jy nog jonk was.
As my voete te moeg was, sou jy my dra,
Jou keppie ons kompas, sou ek jou vra.
As ons in die lang gras, wat hardloop daar?
En jy saggies sou sê, 'n steenbok.
'N Steenbok vat nooit weer maat.
As hy sy maat verloor bly hy alleen.
Sou ek luister as jy vertel
En dit neer skryf op my hart.
As my voete te moeg was, sou jy my dra,
Jou keppie ons kompas, sou ek jou vra.
As ons staan langs die plaasdam, wat maak pa daar?
En jy saggies sou sê, 'n vissersknoop.
Jy draai die lyn so 'n paar keer om,
En druk die punt deur die lussie.
Maak die lyn so styf as moontlik vas,
En dit noem 'n mens 'n vissersknoop.
As jou voete te moeg raak, wil ek jou dra,
My keppie, ons kompas, sou jy my vra.
As ons in die lang gras, wat vlieg daar?
En ek saggies sou sê, 'n arend.
As ons in die lang gras.
As ons in die gras.
As ons in die lang gras.
As ons in die gras.
As my voete te moeg raak en ek neer val,
Sal pa my kom haal.



Авторы: Robbie Wessels


Robbie Wessels - Kaalvoet
Альбом Kaalvoet
дата релиза
18-01-2012




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.