Andries Bezuidenhout - Linte Vir Twee Trourokke текст песни

Текст песни Linte Vir Twee Trourokke - Andries Bezuidenhout

Dis Klaradyn wat daar dans op die dam se wal
Paardeberg se rots waarteen die mis nog hang
Tortelduiwe roep al, ʼn pou waaier oop
Die spaaider is dorp toe om linte te koop
Linte vir ʼn trourok, nie net een nie maar twee
Kom dans nou Klaradyn, ons skink solank die wyn

Smeer nuwe mis op die vlier van die skuur
Katjiepieringranke hoog teen die muur
Hang tafeldoeke uit, stook die konkavure
Poleer die silwer en brou nog bier
Linte vir ʼn trourok, nie net een nie maar twee
Kom dans nou Klaradyn, ons skink solank die wyn
Linte vir ʼn trourok, nie net een nie maar twee
Kom dans nou Klaradyn, ons skink solank die wyn
Laat die orkes kom met riel en kotiljons
Stem die snare, tot rooidag tiekiedraai ons
Linte vir ʼn trourok, nie net een nie maar twee
Kom dans nou Klaradyn, ons skink solank die wyn
Linte vir ʼn trourok, nie net een nie maar twee
Kom dans nou Klaradyn, ons skink solank die wyn

Авторы: Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout - Spoorlangs
Альбом Spoorlangs
дата релиза
01-06-2021

Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.