Andries Bezuidenhout - Waarheen Vandaan текст песни

Текст песни Waarheen Vandaan - Andries Bezuidenhout



Wie't nou tyd vir reguit ry
Wie't nou tyd vir mik
Wie't nou tyd vir nadink
Om te weeg of te wik
Daar's ʼn kode in die wolke
Raaisels in die see
ʼn Antwoord wat weier om ʼn vraag te gee
Waarheen gaan ons en waar kom ons vandaan
Wat is dit waaraan ons dan so swaar dra
Ek bring ʼn boodskap van die gode
Maar niemand wil hoor nie
Iemand moet weet
Maar niemand wil nie
Water uit ʼn klip, vuur in die lug
Vlerke is vir sleep en voete is vir vlug
Waarheen gaan ons en waar kom ons vandaan
Wat is dit waaraan ons dan so swaar dra
Van my pa het ek ʼn atlas gekry
En van my ma ʼn kompas
Albei het iewers agtergebly
In ʼn trommel of ʼn kas
Waarheen gaan ons en waar kom ons vandaan
Wat is dit waaraan ons dan so swaar dra
Al aan die een kant en die ander kant ook maar
Kortpad of langpad, wanneer kom ons aan
Waarheen gaan ons en waar kom ons vandaan
Wat is dit waaraan ons dan so swaar dra



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Spoorlangs
Альбом Spoorlangs
дата релиза
01-06-2021




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.