Andries Bezuidenhout - Duskant Doodstil текст песни

Текст песни Duskant Doodstil - Andries Bezuidenhout



Halfpad wakker en halfpad aan die slaap
Is nie dieselfde plek nie maar newels waar
Prente versin word en wysies begin sing
Die woord tussenin is die woord aan die begin
My gunsteling kleure is telkens verdun
Die mooiste klank net duskant doodstil
Die sekuurste harmonie net-net nootvas
Jou diepste verlang na waar jy net vinnig was
Daar's soveel te vir die boom en die bas
Die diep blou see, die os op die jas
Die beste idee sit tussen wis en onwis
Die derde wiel is waaraan die as vas is
Van ompaaie hou ek, ry selde direk
Die oopswaai van ʼn plaashek soveel meer pret
As jaag voor die wond, jaag teen tyd
Verdwaal is maar hoe ek my rigting vind
Meestal het ek nie antwoorde nie
Soms ook nie eers die regte vrae nie
Ek hou baie van stories maar sonder punt of boodskap
Van hoe lig weerkaats teen ʼn muur of ʼn staandak
Daar's soveel te vir die boom en die bas
Die diep blou see, die os en die jas
Die beste idee sit tussen wis en onwis
Die derde wiel is waar die as aan vas is
Ek het baie indrukke maar min idees
Hoe als inmekaarsteek kan my min skeel
Die lekkerste wyn kom uit ʼn versnit
'N Enkele off-beat maak selfs ʼn mars bekoorlik
Daar's soveel te vir die boom en die bas
Die diep blou see, die os en die jas
Die beste idee sit tussen wis en onwis
Die derde wiel is waar die as aan vas is



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Spoorlangs
Альбом Spoorlangs
дата релиза
01-06-2021




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.