Andries Bezuidenhout - Die Ballade van Andrew Rennie Pringle текст песни

Текст песни Die Ballade van Andrew Rennie Pringle - Andries Bezuidenhout



Van die Wildekus wil ek jou vertel
En oor Haga-haga se vakansiehotel
In ʼn linnepak en krawat is Andrew Pringle uitgevat
Sy teekoppie bewe, sy groot
Smeer marmelade op sy roosterbrood
Ou tradisie in die Pringle-clan
Om na skeertyd kuslangs uit te span
Andrew Rennie Pringle kyk uit oor die baai
En wonder oor die dag as John Knox hom kom haal
Hoor jy ook die doedelsak en sytamboer se roep
Die Hoogland se wind het hom hier kom soek
Die Pringles is mos maar ʼn trotse klomp
Al van 1820 af hier in die Oos-Kaap rond
Plase langs die Baviaans
Bou kerke, huise al vallei langs
Sewe generasies al
Vir tweehonderd jaar
Andrew Rennie Pringle kyk uit oor die baai
En wonder oor die dag as John Knox hom kom haal
Hoor jy ook die doedelsak, die sytamboer se roep
Die Hoogland se wind het hom hier kom soek
In 1986 die plaas aan die Ciskei verloor
Van die landgoed van weleer
Bly nou net die grafte oor
In sy kamer in die Quigney deesdae
Skeer hy voor ontbyt
'N Gentleman-boer vol gentleman verwyt
Andrew Rennie Pringle kyk uit oor die baai
En wonder oor die dag as John Knox hom kom haal
Hoor jy ook die doedelsak, die sytamboer se roep
Die Hoogland se wind het hom hier kom soek



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Spoorlangs
Альбом Spoorlangs
дата релиза
01-06-2021




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.