Andries Bezuidenhout - Die Volgende Oggend текст песни

Текст песни Die Volgende Oggend - Andries Bezuidenhout



Ek het sopas wakker geword
Nou's hier vreemde mense rondom my
Asbakke, bottels, stukkende bord
Glasskerwe en elke ander cliché
Het gelees toe aan die slaap geraak
Wakker geword en dors geraak
My pad na ʼn kroeg om die draai gemaak
En toe met jou aan die gesels geraak
Spyt kom nooit te laat nie
Met my is dit altyd betyds
En as jy vanoggend nog hier was
Sou ek jou spyt kon wys
Gunsteling musiek op die jukebox
Die wêreld se probleme opgelos
Oor gedigte gepraat, jy weet nos
Boeke, films, die mens, die kosmos
Hoe jou hare oor jou ore val
Maak my vanoggend mal
En of ons nie gisteraand dalk wou trou nie
Kan ek nie vanoggend meer onthou nie
Spyt kom nooit te laat nie
Met my is dit altyd betyds
En as jy vanoggend nog hier was
Sou ek jou spyt kon wys
Vergeet om asseblief te
Ek dink ek het vergeet om dankie te
Miskien vergeet om goeienaand te
Vergeet om totsiens te
Ek dink ek het vergeet om jou nommer te vra
En vergeet om jou naam te vra
Spyt kom nooit te laat nie
Met my is dit altyd betyds
En as jy vanoggend nog hier was
Sou ek jou spyt kon wys



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Spoorlangs
Альбом Spoorlangs
дата релиза
01-06-2021




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.