Andries Bezuidenhout - Lied vir 'n Kind Wat Nooit Gebore Sal Word Nie текст песни

Текст песни Lied vir 'n Kind Wat Nooit Gebore Sal Word Nie - Andries Bezuidenhout



Ek sou jou wou vertel van die Namib en die see
Om in sand te bestuur sou ek jou kon leer
Van maraboes en lepelaars
Die Karoo se rus as die wind bedaar
Die reuk van ʼn boek en drukkersink
Om jou pad deur Yeoville en Houghton te vind
Hoe donderweer die see in sink
Daar's soveel meer wat ek sou wou ophaal
Maar nog meer as dit waarvan ek jou wou spaar
Dis ook my manier om ʼn land te verlaat
Ek sou jou wou vertel van poker en skaak
Dat wat jy vra meer as die antwoord saak maak
Om lig te trap vir hulle wat te seker is
Dat ʼn uitsig soms beter as mure is
Dat gedigte ligter as wrokke lag
Om stil musiek in geraas te verwag
Om soms te stop en soms te jaag
Daar's soveel meer wat ek sou wou ophaal
Maar nog meer as dit waarvan ek jou wou spaar
Dis ook my manier om ʼn land te verlaat
Dis net dat ek jou soms so mis
Sonder kind of kraai verdwaal
Agter Kompasberg se mis
Daar's soveel meer wat ek sou wou ophaal
Maar nog meer as dit waarvan ek jou moes spaar
My enigste manier om ʼn planeet te verlaat



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Spoorlangs
Альбом Spoorlangs
дата релиза
01-06-2021




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.