Andries Bezuidenhout - Spoorlangs текст песни

Текст песни Spoorlangs - Andries Bezuidenhout



Hierdie storie begin by ʼn huis sonder tuin
ʼn Huis van baksteen diep in die woestyn
Die huis het nie deure of vensters nie
Hier woon ook nie eintlik mense nie
En ek vlug spoorlangs
Ek vlug spoorlangs op die outydse manier
Trein deur die woestyn
Trein deur die woestyn
Trein wat in ʼn lugspieëling verdwyn
ʼn Padkaart is daar vir inspirasie
Dis heel anders as spore en ʼn stasie
Want voete en wiele het hul eie pas
Maar treine is seker die roete vas
En ek vlug spoorlangs
Ek vlug spoorlangs op die outydse manier
Trein deur die woestyn
Trein deur die woestyn
Trein wat op die horison verdwyn
Het jy ook al die klok hoor lui
Skrif teen die muur lees vir my
Buitelyne kan ek nog uitmaak
Maar detail het my lankal versaak
En ek vlug spoorlangs
Ek vlug spoorlangs op die outydse manier
Trein deur die woestyn
Trein deur die woestyn
Trein op sand, trein onder ʼn duin



Авторы: Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Spoorlangs
Альбом Spoorlangs
дата релиза
01-06-2021




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.