Fokofpolisiekar - Die Illusie Van Veiligheid текст песни

Текст песни Die Illusie Van Veiligheid - Fokofpolisiekar



Goedkoop kitssatisfaksie
Volgraan fase 4
Mezzanine messias van die woonbuurt
Ek is baie bly om jou te sien
Opsoek na bewyse dat ek lewe
Laatnag plesier
Die res lag harder as ek
Ek lag nie vir flou grappe nie
Dis klaar te laat
Luister julle nie?
Ek voel asof ek met myself praat
En daar′s geen pad vorentoe nie
So wat doen ons nou?
Ons los ons ruite oop
En ons het nie diefwering nie
Ek het familie wat nie bloed is nie
Dit help nie veel vir hoe ek voel nie
Jy's lui, jy′s selfsugtig en jy luister nie
Als wat jy kry moet jy
By die venster uit smyt
Ons sal rond sit en raas
Dieselfde wyshede herhaal
In 'n vuil sitkamer sukkel jy om te leef
Sonder rigting is dit moeilik om jouself te wees
So wat doen ons nou?
Ons los ons ruite oop
En ons het nie diefwering nie
Ek het familie wat nie bloed is nie
Dit help nie veel vir hoe ek voel nie
Jy's lui, jy′s selfsugtig en jy luister nie
Daar′s niks wat ons keer nie
Ons los ons ruite oop
En ons het nie diefwering nie
Ek het familie wat nie bloed is nie
Dit help nie veel vir hoe ek voel nie
Jy's stadig en jy werk nie goed met ander nie



Авторы: Francois Badenhorst, Hunter Kennedy, Johan De Ridder, Wynand Myburgh


Fokofpolisiekar - Monoloog In Stereo
Альбом Monoloog In Stereo
дата релиза
01-07-2008




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.