Laurika Rauch - Ek Wens Ek Was текст песни

Текст песни Ek Wens Ek Was - Laurika Rauch



Ek wens ek was 'n nagtegaal
Sou jy dit in my lied kon hoor
Die klanke van 'n liefdeslied
Wat harte so bekoor
Ek wens ek was die oggenduur
Met die voëls wat helder fluit
En na die son se opkoms tuur
Sing my liefdeswoorde uit
Maar ek's maar net die woorde
In my lied
Die klanke op papier
Die traan in my verdriet
Maar ek's maar net die luide simbaal
En net die woorde
In my verhaal
Ek wens ek was die oggendson
Jy die water in die stroom
Sou ek al jou druppels neem
En nooit van jou vervreem
Ek wens ek was die awendster
En jy die groot woestyn
Sou ek jou elke duim verlig
Met strale soos vonkelwyn
Maar ek's maar net die woorde
In my lied
Die klanke op papier
Die traan in my verdriet
Maar ek's maar net die luide simbaal
En net die woordeIn my verhaal
Maar ek's maar net die
Luide simbaal en net die woorde
In my verhaal



Авторы: Pieter Britz


Laurika Rauch - Jy Is Te Dierbaar (Remastered)
Альбом Jy Is Te Dierbaar (Remastered)
дата релиза
13-11-2020




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.