Laurika Rauch - Ou Swart Kitaar текст песни

Текст песни Ou Swart Kitaar - Laurika Rauch



Die klank wat jy voortbring
Vertel van verlange en drome
Van eind'lose wag en hoop
Dit word eendag waar
Intussen bly jy net dieselfde,
Tyd doen jou geen skade
En as ek eensaam voel hoef
Ek net te vat en jy's daar
En ek is lief vir jou ou swart kitaar
Jy spreek my toe in klank
En wat jy is waar
Geheime kan ek maar aan jou toevertrou
Jy stel my nooit teleur nie
Ek is lief vir jou
Onthou jy hoe triestig ons
Twee was toe hy ons verlaat het
Hoe ek op jou skouer
Gehuil het uur na uur
Die soet van jou klanke wat
My heeltyd saggies getroos het
Het my somtyds laat glimlag
En altyd was jy maar hier
En ek is lief vir jou ou swart kitaar
Jy spreek my toe in klank
En wat jy is waar
Geheime kan ek maar aan jou toevertrou
Jy stel my nooit teleur nie
Ek is lief vir jou
En ek is lief vir jou ou swart kitaar
Jy spreek my toe in klank
En wat jy is waar
Geheime kan ek maar aan jou toevertrou
Jy stel my nooit teleur nie
Ek is lief vir jou
Jy stel my nooit teleur nie
Ek is lief vir jou



Авторы: Kupido


Laurika Rauch - Die Nuwe Treffer Album
Альбом Die Nuwe Treffer Album
дата релиза
15-03-2004




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.