Anton L'Amour - Incognito Lyrics

Lyrics Incognito - Anton L'Amour



Rooi is 'n vuur wat die land kan brand
Blou is 'n vlam wat daarvan hou
Rooi is 'n man wat by 'n vurk in die pad staan
En blou is 'n vrou wie hy wil hou
Vlieg incognito
As jy jou kop op jou skouers wil hou
Anoniem onder die radar
Vlieg incognito
As jy jou vlerke in die lug wil hou
Onsigbaar onder die radar
Maar rooi het die lyn oortree, hier en daar, meer en meer
Blou is die vrou wie hy wil hou
Rooi is die man wat die pote kan pypkan en
Blou is die vrou wat daarvan hou
Vlieg incognito
As jy jou kop op jou skouers wil hou
Anoniem onder die radar
Vlieg incognito
As jy jou vlerke in die lug wil hou
Onsigbaar onder die radar
Diekant van die spoor is die pad oop voor
Daaikant van die spoor begin jy oor
Diekant van die spoor kan jy bou en stoor
Daaikant van die spoor sal jy als verloor



Writer(s): Anthony Peter


Anton L'Amour - Dwaalvuur
Album Dwaalvuur
date of release
02-03-2023



Attention! Feel free to leave feedback.