Anton L'Amour - 'n Oggend In Die Son Lyrics

Lyrics 'n Oggend In Die Son - Anton L'Amour



'N Vliegtuig na Berlyn
'N Treinrit na Beijing
Dis die boodskap van 'n blom
Op die vooraand van die herfs
Dis die tuimel van die dag
Die wonder oor die aand
'N Spinnerak gemaak uit die maande
Wat immer om ons woel
'N Oggend in die son, en die see
'N Dag in sepia vir ons twee
'N Oggend in jou arms wat om my vou
Fyn geweef in robyn en goud
'N Oggend in die son, en die see
Daai dag in laudanum vir ons twee
'N Oggend in jou arms wat om my vou
Fyn geweef in robyn en goud
Duik deur die rook-kolom, val oor die horison
Laat weet ons van jou nuwe domein
Pak als in 'n kas, van gister en wat was
En stuur 'n foto van samesyn
Die bouplan word getoets
Tot die onweer bedaar
Die landskap die lyk nou effe anders
En die argitek is ver van klaar
'N Oggend in die son, en die see
'N Dag in sepia vir ons twee
'N Oggend in jou arms wat om my vou
Fyn geweef in robyn en goud
'N Oggend in die son, en die see
Daai dag in laudanum vir ons twee
'N Oggend in jou arms wat om my vou
Fyn geweef in robyn en goud



Writer(s): Anthony Peter


Anton L'Amour - Dwaalvuur
Album Dwaalvuur
date of release
02-03-2023



Attention! Feel free to leave feedback.