Anton L'Amour - Wie Is Wie Lyrics

Lyrics Wie Is Wie - Anton L'Amour

Die son kom op, die son sal sak
Die maan maak haar verskyning elke nag
So seker soos swaartekrag
Val ons in eeu-ou groewe dag na dag
Die stemme van 'n duisend geslagte
Roep anders en eenders dieselfde gedagte
Bou nou 'n baan wat die rit verander
Met die ys en die vuur in jou eie hande
Uit hierdie hoek sien ek ander hoeke
En as jy soek, los eers die boeke en stap uit, stap uit
Wie is jy? wie is ek? wie is wie in hierdie plek?
Wie is wie?
Op die rand van die kring kyk ek na binne
Woorde wat in sirkels draai word sinne en klaarheid, klaarheid

Die wiel die abakus en alfabet
Vliegtuie vuurpyle internet
So seker soos 'n sigaret
Goed is vir jou, dis wat ons het
Staan op styg op en sit heelbo
Gaan op en hou op om bloot te glo
Maak 'n baan buite mal buite waan
Leef eie lied, eie droom sit dit aan
Uit hierdie hoek sien ek ander hoeke
En as jy soek, los eers die boeke en stap uit, stap uit
Wie is jy? wie is ek? wie is wie in hierdie plek?
Wie is wie?
Op die rand van die kring kyk ek na binne
Woorde wat in sirkels draai word sinne en klaarheid, klaarheid
Wie is jy? wie is ek? wie is wie in hierdie plek?
Wie is wie?
Somer word herfs word winter word lente word
Somer word herfs word winter
Somer word herfs word winter word lente word
Somer, somer, word somer
Uit hierdie hoek sien ek ander hoeke
En as jy soek, los eers die boeke en stap uit, stap uit
Wie is jy? wie is ek? wie is wie in hierdie plek?
Wie is wie?
Op die rand van die kring kyk ek na binne
Woorde wat in sirkels draai word sinne en klaarheid, klaarheid
Wie is jy? wie is ek? wie is wie in hierdie plek?
Wie is wie?

Writer(s): Anthony Peter

Anton L'Amour - Dwaalvuur
Album Dwaalvuur
date of release
02-03-2023

Attention! Feel free to leave feedback.