Laurika Rauch - Marietjie Wag-'n-Bietjie текст песни

Текст песни Marietjie Wag-'n-Bietjie - Laurika Rauch



In Kerkstraat Aberdeen
Woon Marietjie alleen
Op haar dag kon sy 'n kop of twee laat draai
Maar Marietjie van der Heever
Wag haar hele lewe
Iemand het haar wel gevra
In neëntien sestig - in De Aar
Marietjie o Marietjie wil jy dans?
Maar sy toe vir hom "Niekie
Nie nou nie, wag 'n bietjie"
Marietjie o Marietjie
O Marietjie wil jy dans?
My hart is vol van liefde
Marietjie vat 'n kans
Ja my hart is vol van liefde
En dit voel of dit wil bars
Marietjie wag 'n bietjie
Marietjie wil jy dans?
En Niekie Poggenpoel
Woon nou buite die gewoel
Hy het seker beter dae al gesien
En in Kerkstaat Aberdeen
Het dit lanklaas gereën
En hy droom nog af en toe
Van riviere wat nog vloei
En van liedjies wat op die winde ry
En van die liefde van sy lewe -
Marietjie van der Heever
Marietjie o Marietjie
O Marietjie wil jy dans?
My hart is vol van liefde
Marietjie vat 'n kans
Ja my hart is vol van liefde
En dit voel of dit wil bars
Marietjie wag 'n bietjie
Marietjie wil jy dans?
En ek hoor weer daardie lied
Van verlange en verdriet
En die letters op die klippe is vol stof
Want hier in Aberdeen
Het dit lanklaas gereën
En in Kerkstraat
Woon Marietjie nog alleen...
Marietjie o Marietjie
O Marietjie wil jy dans?
My hart is vol van liefde
Marietjie vat 'n kans
Ja my hart is vol van liefde
En dit voel of dit wil bars
Marietjie wag 'n bietjie
Marietjie wil jy dans?
Marietjie wag 'n bietjie
Marietjie wil jy dans?



Авторы: Christopher Torr


Laurika Rauch - Chris Se Trefferliedjies
Альбом Chris Se Trefferliedjies
дата релиза
05-01-2004




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.