Laurika Rauch - Ek Maak Net Soos Ek Wil текст песни

Текст песни Ek Maak Net Soos Ek Wil - Laurika Rauch



As my wrak tog kan loop
En die pad is oop
En die lewe alkant te koop
En ek′t 'n rand of tien
En wie weet, miskien
Nog ′n paar hier of daar
Wie weet waar
Dan vat ek die pad
Na die bose ou stad
Want hy's grys en wys
En hy's gou
En die naald bly dwaal
Net so regs van nul
Want ek maak net soos ek wil
Ek′t ′n jaar lank gewerk
As 'n derde klerk
Dis weer tyd om ′n iets te geniet
Want 'n week se swoeg
Maak my moedeloos moeg
En die tjek se ook
Als is verniet
Toe breek ek maar weg
Want die wêreld is reg
En ek′s eindelik klaar met die spul
En die naald bly dwaal
Net so regs van nul
En ek maak net soos ek wil
Daar's ′n ietsie te vir
Min rykdom he
Want 'n rand is soms soos 'n fortuin
As die wiele rol en die tenk is vol
Word die sorge agter jou klein
Die vryheid is soet
Die trap op jou voet
En die enjin word dromerig stil
Want die naald bly dwaal
Net so regs van nul
En jy maak net soos jy wil
Want die naald bly dwaal
Net so regs van nul
En jy maak net soos jy wil



Авторы: Koos Du Plessis


Laurika Rauch - Vir Jou
Альбом Vir Jou
дата релиза
22-06-1981




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.