Laurika Rauch - Jakarandas Bloei текст песни

Текст песни Jakarandas Bloei - Laurika Rauch



Jakarandas bloei die lug is pers
Skryf vir my ′n skemervers
Vertel vir my die wêreld is grou
Dan wys ek jou op die môredou
Want elke dag het 'n skatkis vol
As doukristalle op ′n kelkblaar stol
Gaan kyk na die wêreld van naderby
Gaan kyk vir 'n slag wat jy daaruit kry
Ja kyk 'n slag weer mooi na die Wonderpers oor die aarde rondgestrooi
Dis lentetyd die lug word blou
Laat die aandlug jou help
Om die mooi te onthou
Vergeet nou eers van werk wat wag
Maak jou oop en sien hoe ek lag
Want elke dag het ′n skatkis vol
As doukristalle op ′n kelkblaar stol
Gaan kyk na die wêreld van naderby
Gaan kyk vir 'n slag wat jy daaruit kry
Ja kyk ′n slag weer mooi na die Wonderpers oor die aarde rondgestrooi
Dink aan die voëltjies wat nessies bou
Die vrolike roep van 'n Piet-my-vrou
Sien ook die mense vir wat hulle is
Sien dat hul mooi is sien in hul die lig
Dink aan die strate wat blink in die reën
Bome en gras alles groen om jou heen
Sien dan die son wat op ′n doudruppel rus
Erken dis genade Erken dat dit wonders is
Jakarandas bloei die lug is pers
Skryf vir my 'n skemervers
Vertel vir my die wêreld is grou
Dan wys ek jou op die môredou
Want elke dag het ′n skatkis vol
As doukristalle op 'n kelkblaar stol
Gaan kyk na die wêreld van naderby
Gaan kyk vir 'n slag wat jy daaruit kry
Ja kyk ′n slag weer mooi na die Wonderpers oor die aarde rondgestrooi
Ja kyk ′n slag weer mooi na die Wonderpers oor die aarde rondgestrooi



Авторы: Laurinda Hofmeyr


Laurika Rauch - Encore! Laurika
Альбом Encore! Laurika
дата релиза
22-07-1988




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.