Laurika Rauch - God Se Kunskafee текст песни

Текст песни God Se Kunskafee - Laurika Rauch



Dis 5 uur in die môre en God sit en verf
Hy koester elke druppel goudgeel kuns, wat hy aan die hemel hang
Vir ons om na te kyk
Ek hoor die klappende kraak van 'n sifdeur agter my,
En Piet skreeu by die stal: "Ons het reën gekry!"
En soos ek loop deur God se kunskafee
Voel ek meer geseënd met elke tree
Want met koffie en 'n verfkwas
Sit hy heeldag daar en dink
Hoe om sy vreugde na my te bring
Maar oom Ben se wynplaas by Worcester
Met die ou geuwelhuis
Ja, die verf hy die mooiste, na 'n lang dag se reis
Ek loop verby 'n prentjie van 'n boer op sy John Deere
Wat vol hoop hierdie aarde omkeer
En ek sien stof, maar ek ruik die reën aankom
Ek hoor die fluit van die werkers wat die beeste inkeer
As die son sak oor daai tweespoorpad
En soos ek loop deur God se kunskafee
Voel ek meer geseënd met elke tree
Want met koffie en 'n verfkwas
Sit hy heeldag daar en dink
Hoe om sy vreugde na my te bring
Maar Pa se plaas duskant Leslie
Waar die kleiosse in die son bak
Ja, die verf hy die mooiste, na 'n lang dag se stap
Die skildery van hierdie volmaan, was lank vooruit geverf
Vanaand het hy hom kom ophang, agter die donker grys berg
Ek hoor die kraak van die krieke, by die rooi dam hier langs my
En warm teen my vel, gly die bosveld verby
En soos ek loop deur God se kunskafee
Voel ek meer geseënd met elke tree
Want met koffie en 'n verfkwas
Sit hy heeldag daar en dink
Hoe om sy vreugde na my te bring
Maar die Meyers se wildsplaas by Vaalwater
Met die kampvuur en die samesyn
Ja, die verf hy die mooiste, na 'n lang dag se ry



Авторы: Prop


Laurika Rauch - Tweeduisend-En-Tien!
Альбом Tweeduisend-En-Tien!
дата релиза
05-01-2010




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.