Laurika Rauch - Skouspel 2010 текст песни

Текст песни Skouspel 2010 - Laurika Rauch



Die tannies lyk mooi en die ooms effe rooi
Van die golf en die masjiene en die blackjack
Dit is warm en opwindend almal loop al singend
Na die super duper dome in die berge
Ricus Nel bly in die Grand hotel
Hy vang 'n middagslapie voor al die aksie
En hier is wat hy ons vertel
By die makietie se grootste attraksie
Skouspel tweeduisend-en-tien!
Maak toe julle vensters
Maak toe julle skuifdeure
Maak toe julle vensters
Maak toe julle skuifdeure
Want skielik uit die bloute met 'n helse bohaai
Word hy wakker met 'n klipharde force
Hy kan sy nie glo nie dis 'n hengse bohaai
Daar's 'n volgroeide bobbejaan op sy bors
Op 'n vloer by die terrace raak 'n boer baie jealous
Want sy vroutjie het gaan kyk na die show
En bo-op haar arm is die ink nog warm
Baie liefde groete Nicholis Louw
Terwyl hy skel het sy haar ma gebel
Mamma Willie ek misbehaves
En hier is wat ek hom vertel
Hy die heel dag by die valley van die babes
By Skouspel tweeduisend-en-tien!
Maak toe julle vensters
Maak toe julle skuifdeure
Maak toe julle vensters
Maak toe julle skuifdeure
Want skielik deur die venster kom 'n harige hand
Met 'n missie en 'n hewige spoed
Hy kan sy nie glo nie dis 'n three in one
Dis 'n selfoon en 'n beursie en 'n hoed
Die tannies is haaks en die ooms lyk snaaks
Van die rokke en die broeke en die make-up
Dit is warm laat oggend almal loop al boggend
Langs die koffie shop en op teen die roltrap
Want toe 'n pel na daai selfoon bel
- Op pad na die show in sy bakkie
Kom 'n stem op wat hom mooi vertel
Maak die bobbejane deel van die aksie
By Skouspel tweeduisend-en-tien!
Hou oop julle vensters
Hou oop julle skuifdeure
Hou oop julle vensters
Hou oop julle skuifdeure
Want altemit een oggend is jy stoksielalleen
Desperaat vir 'n bietjie gesels
En word jy bo-op jou balkon na 'n kuier meteens
Deur 'n volgroeide bobbejaan omhels.
Deur 'n volgroeide bobbejaan omhels.
Deur 'n volgroeide bobbejaan omhels.



Авторы: Robbie Wessels


Laurika Rauch - Tweeduisend-En-Tien!
Альбом Tweeduisend-En-Tien!
дата релиза
05-01-2010




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.