Laurika Rauch - Jasper Onthou Jy текст песни

Текст песни Jasper Onthou Jy - Laurika Rauch



Jasper onthou jy ons belofte gemaak
Dat ons mekaar sou liefhê ons was agt
Ek in my groen skooljurk
En jy smart in krieketgoed
Met die duiwe as ons dom'nee
Ons getuie was 'n hoed
Jasper onthou jy ek het eenkeer verdwaal
In daai bangmaak populierbos ons was tien
Ek het stil gaan sit en sag gebid
Geweet jy sou my kry
Jy sou soek en soek want niemand
Was al ooit so lief vir my gewees nie
Maar ons stofpad saam het teer geword
Jou spoor kon ek nie sny nie
Ek het weer verdwaal en verdwaal gebly
En gehoop jy sou kom soek na my
Maar jou seunskind hart het aanbeweeg
Jy't nou die van 'n man
Jasper onthou ons kleintyd saam
Onthou my gou weer as jy kan
Jasper onthou jy ek was nerf-af geval
Toe daai lang ou my gestamp het
Ons was twaalf
Jy't my opgetel en weggedra
Die pleister self geplak
En daai boelie sommer vreesloos
In die fietsloods kaalvuis aan gaan vat
Jasper onthou jy toe jy weg moes gaan
Na daai ver dorp innie vreemde
Ons was groot -
Groot genoeg om seer te kry
Te jonk om te kan keer
Better loved and lost than never loved
Dit sou die tyd ons hard-hard leer
Maar ons stofpad saam het teer geword
Jou spoor kon ek nie sny nie
Ek het weer verdwaal en verdwaal gebly
En gehoop jy sou kom soek na my
Maar jou seunskind hart het aanbeweeg
Jy't nou die van 'n man
Jasper onthou ons kleintyd saam
Onthou my gou weer - as jy kan
Ek bly nou op 'n anner plek
Het nie lank na jou daar weggetrek
Het jou nommer nou die dag by navrae opgesproor
As ek jou sou bel en sou vertel
Dat ek steeds van ons twee droom
Sou jy jy droom ook steeds van my
Of is ek lankal reeds verloën
Maar ons stofpad saam het teer geword
Jou spoor kon ek nie sny nie
Ek het weer verdwaal en verdwaal gebly
En gehoop jy sou kom soek na my
Maar jou seunskind hart het aanbeweeg
Jy't nou die van 'n man
Jasper onthou ons kleintyd saam
Jasper onthou ons kleintyd saam
Onthou my gou weer - as jy kan



Авторы: Mariki De Villiers-knop


Laurika Rauch - Tweeduisend-En-Tien!
Альбом Tweeduisend-En-Tien!
дата релиза
05-01-2010




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.